Cardiff Arms Park

Cardiff Arms Park
Parc yr Arfau Caerdydd
Cardiff Arms Park met die Millennium-stadion op die agtergrond

Ligging Cardiff, Wallis
Koördinate 51°28′47″N 3°11′1″W / 51.47972°N 3.18361°W / 51.47972; -3.18361
Eienaar Cardiff Atletiekklub
Kapasiteit 16 500 (1969)[1]
12 125 (vandag)[2]
Oppervlak Kunsmatige sooi
Konstruksie
Eerste sooi gespit 1967
Geopen 1969
Argitek Osborne V. Webb & Vennote
Hoofkontrakteurs G.A. Williamson en Andrew Scott & Co.
Huurders
Cardiff Blues (2003-2009), (2012-)
Cardiff RVK (1969-)

Cardiff Arms Park (Wallies: Parc yr Arfau Caerdydd), ook bekend as Die Arms Park en BT Sport Cardiff Arms Park, is ’n veeldoelige stadion in Cardiff, Wallis. Die stadion is in 1969 geopen en is hoofsaaklik bekend as ’n rugbystadion hoewel daar ook ’n rolbalbaan is. Die Arms Park was in 1958 gasheer vir die Britse Ryk en Statebondspele en het ook vier wedstryde in die Rugbywêreldbeker 1991 gehuisves, waaronder die uitspeelwedstryd vir die derde plek. Die Arms Park was ook gasheer vir die inwydings-Heinekenbekereindstryd van 1995–’96 en ook vir die volgende jaar se eindstryd.

Die ou Arms Park is in 1998 verwyder om plek te maak vir die nuwe Millennium-stadion

Die geskiedenis van die rugbyveld begin met die eerste terrasse wat in 1881–1882 vir toeskouers opgerig is.[3] Die Arms Park het oorspronklik ’n krieketovaal ten noorde en ’n rugbyveld ten suide gehad. Teen 1969 is die krieketovaal gesloop om plek te maak vir die hedendagse rugbyveld ten noorde en ’n tweede rugbyveld ten suide wat as die Nasionale Stadion bekend staan. Die Nasionale Stadion, wat deur die Walliese nasionale rugbyspan gebruik is, is op 7 April 1984 amptelik geopen, maar dit is in 1997 gesloop om plek te maak vir die Millennium-stadion wat gereed moes wees vir die Rugbywêreldbeker 1999, en dit het ook die nasionale stadion van Wallis geword. Die rugbyveld het die tuisveld van die semi-professionele Cardiff RVK gebly maar die professionele Cardiff Blues het in 2009 na Cardiff Stad-stadion geskuif waar hulle vir drie jaar vertoef het voor hulle teruggeskuif het na Cardiff Arms Park.

Die terrein word deur Cardiff Atletiekklub besit en het buiten rugby en krieket ook atletiek, voetbal, windhondwedrenne, tennis,[4] Britse bofbal en boks gehuisves. Die terrein het ook ’n rolbalbaan ten noorde van die rugbyveld wat deur Cardiff Atletiek Rolbalklub gebruik word.[5] Die Nasionale Stadion het ook verskeie musiekkonserte van kunstenaars soos Michael Jackson, David Bowie, Bon Jovi, The Rolling Stones en U2 gehuisves.

  1. Thomas, Simon (22 Junie 2007). "Time Blues quit Arms Park?" (in Engels). icWales. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Julie 2008. Besoek op 1 April 2011.
  2. "Cardiff Blues ready to install temporary stands at Arms Park for Amlin Challenge Cup final as Bath and Northampton fans protest about venue" (in Engels). Wales Online. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 25 Mei 2014.
  3. (en) Red Dragon (1912). Reminiscences of the Cardiff Rugby Football Club, "Opening ceremony of the new stands, Cardiff Arms Park", 5 Oktober 1912. Cardiff Rugbyvoetbalklub.
  4. "Naoorlogse ontwikkeling in Sophiatuine" (in Engels). Glamorgan County Krieketklub & Krieketargief. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 Oktober 2012. Besoek op 17 Maart 2008.
  5. "Ou stryde herleef oor plan vir gedeelde grond" (in Engels). WalesOnline. 25 Oktober 2006. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Oktober 2019. Besoek op 25 Mei 2013.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search